Deel

Sterre beloof ewige trou

akkreditasie
DROOMTROUE: Megan en Jondolar saam met hulle gevolg, Chanelle en Dean John Smith.Foto: All Yours Photography
DROOMTROUE: Megan en Jondolar saam met hulle gevolg, Chanelle en Dean John Smith.Foto: All Yours Photography

DIE aktrise Megan Saayman, wat as Ayesha Noor in Arendsvlei diep in kykers se harte gekruip het, het onlangs getrou.

Die gelukkige bruidegom is Jondolar Isaacs, vir wie kykers leer ken het as Parra in die telenovelle. Die twee het verlede jaar verloof gegeraak.

Megan se karakter Ayesha is in Februarie tot almal se skok deur haar man, Langes (Bobby Stuurman), per ongeluk noodlottig gewond.

Megan se exit uit die telenovelle het haar nie net kans gegee om meer aandag aan haar droomtroue te gee nie, maar sy kon ook weer op die verhoog klim. Megan was in Maart by die KKNK te sien in Die Francois Toerien Show, met onder meer Dean John Smit, wat ook manlief se best man by die naweek se troue was.

Megan, wat pragtig gelyk het in haar lang wit off-the-shoulder rok, se sussie Chanelle was haar strooimeisie.

’n Emosionele Megan was egter onder trane met die pa-en-dogter-dans.

CHAD EN SAVANNAH SAAIMANFoto: Jarryd Kleinhans
  • Megan is egter nie die enigste Saayman wat onlangs die knoop deurgehak het nie.

Die veelsydige Chad Saaiman het ook verlede naweek op ’n intieme plegtigheid getrou met sy beeldskone Savannah Smith.

Baie geluk aan die twee paartjies, ons wens julle baie gelukkig en mooi jare saam.